Camelia Gastehuis, Bloemfontein
Kontak Welkom by Camelia Gastehuis, Bloemfontein Naby Camelia Gastehuis

Jan en Susara Fourie
Hendrik Kotzesingel 1
Universitasrif
Bloemfontein

Sel:  082 820 7711

Tel:  051 446 2181 (na ure)

E-pos:
info@camelia.co.za

Webblad:
www.camelia.co.za


Camelia Gastehuis is 'n moderne en goed ingerigte gastehuis in Bloemfontein met 'n 3-ster gradering van die Toerisme Graderingsraad van Suid-Afrika. Die kamers, elk met eie badkamer, front noord en het almal 'n ingang vanuit die tuin. Parkering agter afstandbeheerde veiligheidshekke is beskikbaar.

Wat bied Camelia Gastehuis?

Die kamers het lessenaars, TV's, verwarmers, dakwaaiers, haardroërs, tee- en koffiegeriewe en 'n keuse van enkel- of dubbelbeddens. Gaste het toegang tot 'n kombuis met 'n ketel, yskas en mikrogolfoond.
'n Engelse of Kontinentale ontbyt word in 'n stylvolle vertrek met antieke meubels bedien.
Camelia Gastehuis is die ideale oornagplek vir besoekers aan Bloemfontein.

Ligging

Die gastehuis is in Universitasrif geleë en is 2,8 km van die N1.

* Universiteit van die Vrystaat
* Mimosa Mall
* Medi Clinic Hospitaal
* Sportstadions
* Restaurante
* Grey Kollege en Eunice
 
Van Noord tot Suid

3-Provinsies 4x4-Avonture by Volksrust

Camelia Gastehuis in Bloemfontein

The View 45, Jeffreysbaai