The View 45, Jeffreysbaai
The View 45 Welkom by The View 45, Jeffreysbaai In en om Jeffreysbaai

Tuis

Foto’s

Kontak ons


English


© 2010 Stokburg Trust

The View is ’n nuwe, moderne en veilige vakansiewoonstelkompleks op Jeffreysbaai. Die kompleks beskik oor ’n ge-elektrifiseerde heining en veiligheidshek.

Wat bied The View 45?

Die woonstel is volledig gemeubileer en is toegerus met kombuisgereedskap, breekware, eetgerei, handdoeke en beddegoed. Jy kan regtig net jou eie strandhanddoeke, klere en persoonlike benodigdhede saambring.
The View 45 is op die eerste vloer en het gedeeltelike see-uitsig. Op die balkon is ’n buite-braai sodat jy die see kan sien terwyl jy vleis braai.
Daar is twee slaapkamers, ’n sit-eetkamer, kombuis en twee badkamers. Vier mense kan dus gerieflik hier vakansie hou.

Ligging

Die kompleks is in St Francisweg en is slegs ’n paar minute se stap van die hoofstrand, maar tog weg van die geraas.
’n Heerlike pluspunt van The View is dat dit net ’n klipgooi van ’n winkelkompleks (Pick ’n Pay, apteek, drankwinkel en nog ander) is sodat jy geen kos of drankies hoef saam te ry nie. Tog is ’n mens nie eers bewus van die winkelkompleks wanneer jy in The View is nie.

  • Branderplankry
  • Vuurtoring
  • Skulpmuseum
  • Haai-akwarium
  • Restaurante
  • 70 km van Port Elizabeth

 

Van Noord tot Suid

3-Provinsies 4x4-Avonture by Volksrust

Camelia Gastehuis in Bloemfontein

The View 45 in Jeffreysbaai